berading
WELKOM

terapie

Payment option secured by thawte

verhouding berading

familie terapie

Hulp (help) deur berader - terapeut via Skype, e-pos in Suid Afrika

Gesin berading - gesinsberading, verhouding berading. Huwelik berading - huweliksberading vir huwelik probleme.

Egskeiding berading, lees meer in Psigologie, Sosiologie

Huwelik berader. Gesin berader.

 

Affiliations:Professional Counseling

Supports the "Suggested Principles for the Online Provision of Mental Health Services" of the:

INTERNATIONAL SOCIETY FOR MENTAL HEALTH ONLINE

HUWELIK, GESIN, VERHOUDING, PERSOONLIKE EN WERKSPLEK BERADING AANLYN.

 

internet berading

ALSO IN ENGLISH

huwelik beradinggesin berading

Suid Afrikaners kry die hoogste prioriteit!

Die fokus van berading by "counsellingsolution.com" is om kliente die mag te gee om hul probleme te oorkom en om beheer oor hul lewe of huwelik te neem. Dit word gedoen deur 'n narratiewe berader wat sy kennis / mag in die fasilitering van verandering toepas via die gebruik van e-pos, of 'n geselsprogram as beradingsmedium. Die berader werk as 'n klient respekterende fasiliteerder in 'n samewerkende en oplossing gefokusde manier om u op spoor te hou.

Die berader het gedurende sy meesters studie spesialiteit navorsing gedoen in die gebruik van dieselfde benadering in die oplossing van probleme in die werkplek. As u 'n individu of deel van 'n groep / maatskapy is kan hierdie tuisblad ook vir u van waarde wees.

"In 'n onlangse steekproef van ongeveer 400 kliente van Internet terapeute het meer as 90% geantwoord dat om saam met 'n terapeut op die Internet te werk hul gehelp het." -"The ABC of Internet Therapy"

Artiekel oor kuberterapie uit Vrouekeur: Sielkundige help my asb


Watter soort berading word hier aangebeid?

  • Huweliksberading
  • Gesinsberading
  • Verhoudingsberading
  • Individuele berading vir psigologiese probleme
  • Werksplek berading
  • Persoonlike lewensafrigting of "mentoring"


Hoe word berading gedoen?

U kan berading ontvang deur:

  • SkypeTM : Is die mees verkose manier om berading mee te doen. SkypeTM is 'n gratis stem oor die internet program. Die beste twee rigting manier waarop 'n sessie gedoen kan word. SkypeTM kan ook gebruik word as 'n teks gebaseerde regte tyd gesels program. U kan SkypeTM download deur om op die prentjie bo te dubbel "click." 'n Gesprek sessie van 'n uur lank kan gereel word.

  • E-pos: Twee interaktiewe e-pos response tussen U en die berader (m.a.w twee e-pos response van die berader aan u en die lees van u opvolgende e-pos response deur die berader). Die tyd waarop response gestuur word, word bepaal deur u behoeftes. (Gewoonlik een elke 24 uur, of een elke derde dag.)

  • Enige ander geselsprogram: Irc, Msn Messanger, Yahoo Messanger, ICQ. 'n Gesprek sessie van 'n uur lank kan gereel word. Die duur kan minder wees, as die klient dit verkies.

U moet nie hierdie diens gebruik as

U in 'n verhouding is waar daar mishandeling en geweld plaasvind,

U gedagtes het om uself of iemand anders seer te maak

of U erenstige psigotiese simptome (soos hallusinasies) ervaar nie.


Hierdie diens mag veral vir u bruikbaar wees as?

  • u nie die gemak van jou huis of kantoor wil verlaat nie,

  • u anoniem wil bly as u dit so verkies,

  • u ekonomiese struikelblokke tot tradisionele (persoon tot persoon) psigoterapie het, byvoorbeeld as u dit nie kan bekostig nie,

  • u aanvanklik 'n bietjie afstand in enige soort terapeutiese / beradingsverhouding wil hê,

  •  u in 'n area bly waar daar nie terapeute / beraders is nie,

  •  u daaraan dink om vir tradisionele (persoon tot persoon) terapie / berading te gaan, maar u eers 'n sin wil kry van hoe dit dalk mag wees,

  •  u die antwoorde tot 'n berader se vrae op u eie tyd wil beantwoord deur om e-pos te gebruik en u 'n geskrewe rekord wil he van die insigte waartoe u gekom het in berading,

  •  en u 'n persoonlike lewensafrigter  nodig het.

Die gebruik van hierdie diens spaar u, energie (elimineer vervoer tot en van 'n terapeut se kantoor), geld (koste is laer as gevolg van minder uitgawes deur die berader) en gee u die gemak van 'n skedule wat u behoeftes pas.


Is die berader gekwalifiseerd om berading te doen?

berader

Die berader het 'n Meesters Graad in Sosiologie met huweliks en gesins berading as hoof fokus aan die Noordwes-Universiteit (voorheen die PU vir CHO) verwerf. Die berader het verder ook 'n twee jaar internskap (onder supervisie) voltooi waarin hy onder andere ook e-pos as beradingsmedium met kliente gebruik het.

Sien bewys van kwalifikasies hier.


Wat moet ek doen as ek van hierdie diens gebruik wil maak?

U kan enige een van die volgende opsies kies sonder om onder enge verpligting te wees om wel berading by hierdie diens te ontvang.

1. Stuur u e-pos aan die berader by:

counsellor@counsellingsolution.com

Wees so informatief as moontlik en sluit asseblief die volgende in:

Probleem, u keuse van berading media, u e-pos adres, u gebied asook die tyd en datum wanneer berading kan geskied.

2. Spoor die berader op in SkypeTM

  My status

Druk hierbo, of plaas my in jou SkypeTM kontak lys deur te soek na- Skype™ naam; counsellor_js of Counsellor_JS, SkypeTM e-pos counsellor@counsellingsolution.com

3. MSN Messenger:

Gebruik hierdie e-pos slegs om die berader in MSN Messenger op te spoor: counsellor_js@hotmail.com


Lees gerus die Engelse leestof onder "links". Daar isook hierdie hulpbron in Afrikaans (Sosiologie) vir studente.

http://www.puk.ac.za/biblioteek/subjects/social/sosiologie_a.html

 

 

Huwelik berader. Gesin berader. Hulp (help) deur berader - terapeut via Skype, e-pos in Suid Afrika. Egskeiding berading, lees meer in Psigologie, Sosiologie. Gesin berading - gesinsberading, verhouding berading. Huwelik berading - huweliksberading vir huwelik probleme.
  
Last Update: 30/05/2007
Copyright ©2000 by counsellingsolution.com - ALL RIGHTS RESERVED

SEND E-MAIL TO info@counsellingsolution.com